In 1956 het Nasser met sy besluit om die Suezkanaal te nasionaliseer die wêreld se aandag onherroeplik om hom gevestig. Die internasionalisering krisis wat daarna gevolg het, het vrede in die Midde-Ooste ernstig bedreig. Brittanje en Frankryk se besluit om ‘n aanval teen Egipte te loods terwyl Israel toe reeds militêr betrokke was, was onverwags en sinneloos.